Mosterd Vinaigrette vir Slaaie
- Marianne Jacoby
- Apr 6, 2016
- 1 min read

Bestanddele:
1/2 koppie wit asyn
1 eetlepel heuning
1 eetlepel Dijon mosterd
1/2 teelepel grof gemaalde swart peper
2 teelepels sout
1 tot 2 teelepels fyn gemaalde knoffel
1 koppie olyf / avokado olie
4 druppels tabasco (opsioneel)
Aanwysings:
Neem 'n klein bakkie en klits (met 'n 'n ballon klitser, nie 'n elektriese klitser) alle bestanddele bymekaar tot goed gekombineer. Verkoel tot net voor opdiening.
Bak en Brou sonder Fieterjasies
Comments