PAMPOENTERT
- Resepte & Wenke
- Apr 6, 2016
- 1 min read

– jy kry krulhare en rooi wange
Pampoentert is iets tussen groente en poeding. Eet dit as bygereg en voor jy opstaan van die tafel, vat n skeppie vir poeding.
Bestanddele: 750 ml gaar pampoen ( 3 koppies) 1 blikkie idealmelk of 150 ml melk en 150 ml room 3 eiers 15 ml bakpoeier ( 3 teelepels) 250 ml koekmeel ( 1 koppie) 250 ml suiker ( 1 koppie) knippie sout kaneelsuiker
Metode: Kook jou pampoen met n kaneelstokkie tot sag. Dreineer dit en druk dit fyn. Gooi die eiers, idealmelk, meel, suiker, bakpoeier en sout in n mengbak en klits goed. Gooi die pampoen by die mengsel en roer goed deur. Spuit of smeer n oonbak en gooi die slap pampoenmengsel in die oondbak. Bak vir 60 minute by 180 grade Celsius. Strooi kaneelsuiker oor ( 125 ml witsuiker en 10 ml fyn kaneel gemeng)
Nou moet jou binneste maar self besluit of dit groente of poeding is.
Commentaires