PYNAPPEL CREMORA TERT
- Marianne Jacoby
- Apr 6, 2016
- 1 min read

500g Cremora melkpoeier 250ml kookwater 2x397g kondensmelk (verkoel) 250ml suurlemoensap 12 Tennisbeskuitjies 410g fyngemaakte pynappels
Los die melkpoeier in die kookwater op en verkoel vir 1 uur in die yskas. Roer die kondensmelk by en klits tot styf. Klits die suurlemoensap geleidelik by en roer die fyn pynappel deur. Pak beskuitjies in ‘n plat reghoekige tertbord en giet die mengsel bo-oor. Plaas in die yskas tot stewig en versier met room indien verkies. Lewer 1 groot tert.* Foto *Stork**. Lekker resepte vir die jongergeslag
Comments