SPINASIE, SAMPIOEN, SPEK EN FETA QUICHE
- Ou Boerekos Resepte
- Apr 6, 2016
- 1 min read

KORS: 240 g Koekmeel 230 g Botter 150 g Cheddarkaas
VULSEL: 500g Spinasie 45 ml olie 250 g Spek 1 groot Ui 1 Knoffelhuisie 300 g Sampioene Sout, peper en aromat 100 g Gerasperde cheddarkaas
BOLAAG: 3 Eiers 150g Korrelerige maaskaas 100 ml Melk 1 wiel Feta
Meng al die bestanddele met ‘n voedselverwerker totdat dit ‘n deeg vorm. Gebruik dan ‘n koekpan met ‘n los boom en smeer die kante en die boom met die deeg. Laat staan in die yskas vir 15min. Soteer die spek, uie, sampioene en knoffel in olie tot gaar. Kook die spinasie en voeg by die gaar spekmengsel. Laat dit vir 5min kook. Voeg al die speserye by. Skep mengsel eweredig in pan. Strooi gerasperde kaas oor.
Klits al die bolaag se bestandele behalwe die feta. Giet die mengsel oor die spinasie. Frimmel dan die feta kaas oor. Bak vir sowat 40min in die oond by 180oC. Bedien warm of koud saam met gebraaide kersie tamaties, of net ‘n lekker mengel slaai.
Comments