Tamatiesmoor
- Marianne Jacoby
- Apr 6, 2016
- 1 min read

Bestanddele
15 ml (1 e) olie 2 uie, fyn gekap 15 ml (1 e) kerriepoeier 5 ml (1 t) paprika 400 g blik gekapte tamaties 250 ml (1 k) water 1 blokkie beesvleisaftreksel 15 ml (1 e) tamatiepasta 400 g boerewors, gerooster 6 worsbroodjies ’n hand vol koljander vir garnering
Metode
Verbruin die uie tot sag in ’n pan met verhitte olie. Voeg die kerriepoeier en paprika by en braai 2 minute terwyl jy aanhoudend roer. Voeg die tamaties en water by en bring tot kookpunt. Voeg die blokkie beesvleisaftreksel by, verminder die hitte en laat prut 5 minute. Voeg die tamatiepasta by en laat prut 10 minute terwyl jy aanhoudend roer tot verdik. Sit die pikante tamatiesmoor voor saam met ’n boereworsrolletjie en garneer met koljander.
Bron: Huisgenoot Digitaal - Hope Malau
Comments