Triffle met tennisbeskuitjies
- Marianne Jacoby
- Apr 6, 2016
- 1 min read

Benodig: 1 pakkie rooi-jellie 1 pakkie groen-jellie 1 blikkie karamel kondensmelk 1 pakkie tennis beskuitjies (in stukke gebreek) 1 blikkie fruit cocktail 500 ml dik vla 200g glans kersies 250ml room
Metode:
1. Maak jellie volgens aanwysings aan, laat stol. 2. Maak die gestolde jellie met ‘n vurk fyn. Meng die 2 kleure 3. Sit die jellie in ‘n groot glasbak. (net helfde) 4. Gooi vrugte bo-oor (net helfde) 5. Pak laag koekies (in stukke gebreek) (net helfde) 6. Smeer karamel oor koekies (net helfde) 7. Gooi vla oor. (net helfde) 8. Volg stap 3 – 7 tot die bak vol is. 9. Klits die room styf en sit bo-op 10. Versier met kersies! Laat stol in yskas, hou in die yskas tot opdiening!
コメント