UIEKONFYT
- Marianne Jacoby
- Apr 6, 2016
- 1 min read

Heerlik saam met alle vleissoorte!
450 g uie, in ringe gesny 100 g preie, in ringe gesny 50 g grasuie, fyngekap 1 liter water 750 ml suiker 5 ml gemengde speserye
Kook die ui, preie en grasui in 'n bietjie water tot net sag. Dreineer goed. Voeg die 1 liter water, suiker en speserye by en roer tot die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en prut tot die mengsel verdik en nie meer waterig is nie. Skep in gesteriliseerde flesse terwyl dit nog warm is. Lewer 750ml. —
Comments