Vinnige kruiebolletjies
- Marianne Jacoby
- Apr 6, 2016
- 1 min read

Lewer 6 groot bolletjies of 12 kleintjies Bereiding: 10 min. Rystyd: 40 min. Baktyd: 20-30 min.
1 kg koekmeel 2 pakkies (10 g elk) kitsgis 10 ml (2 t) bakpoeier 10 ml (2 t) suiker 10 ml (2 t) sout 10 ml (2 t) gedroogde gemengde kruie 10 ml (2 t) droë knoffelvlokkies 1 liter (4 k) louwarm water
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer die holtes van ’n muffinpan
Sif die meel, gis, bakpoeier, suiker en sout saam in ’n groot bak. Voeg die kruie en knoffelvlokkies by en meng goed. Maak ’n holte in die middel en voeg die water by. Meng tot ’n taaierige deeg vorm. Bedek en laat 10 minute rus. Skep die deeg in die muffinpanne tot dit driekwart vol is en laat 30 minute rys. Bak 30 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel kom. Huisgenoot
Comentários