Hoenderborsie, avokado, tamatie en kaas genot
- Johan Brits
- Apr 9, 2016
- 1 min read

Bestanddele
Ontbeende hoenderborsies
Avokado
Skyfies tamatie
Skyfies kaas
Olyfolie
Sojasous
Sout en varsgemaalde swartpeper
Metode
Verf die hoenderborsies met olyfolie en bedruip met sojasous.
Rooster in die oond tot gaar.
Bou jou stapeltjie deur heel onder 'n hoenderborsie te plaas.
Plaas avokado op die hoenderborsie.
Plaas tamatie op die avokado.
Plaas die skyfies kaas op die tamatie en geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
Rooster tot die kaas gesmelt is.
Geniet!
留言