HEERLIKE BIEFSTUK MET SAMPIOEN- EN KAASSOUS
- Marianne Jacoby
- Apr 9, 2016
- 1 min read

HEERLIKE BIEFSTUK MET SAMPIOEN- EN KAASSOUS
1kg gekapte biefstuk (tenderised steak) (sny in stukke) Meng 190 ml koekmeel met speserye van jou keuse en rol die steak in die mengsel Sny 2 uie in dun skywe Sny 1 bakkie sampioene in skywe Pak lae om die beurt van vleis, uie en sampioene in 'n oondvaste bak.
Meng: 200ml melk, 250 ml room, 1 eetlepel worcestersous, 1 eetlepel bladjang, 1 eetlepel tamatiesous, 1 pakkie wit uie sop.
Meng goed en gooi oor vleis in bak. Strooi 1 koppie gerasperde kaas bo-oor en bedek met foelie of maak toe met deksel. Bak vir 60 - 90 min by 160 grade. Verminder hitte na 110 grade en laat staan in oond tot opdiening.
Comments