Maklike Hol Vetkoeke
- Marianne Jacoby
- Apr 10, 2016
- 1 min read

Lekker bak...!!… Dit werk elke keer en die vetkoeke is lekker hol. Hier is die resep…
8 k koekmeel 1 pakkie kits suurdeeg 1 eetl sout 1 eerl suiker 1 liter louwarm water olie vir braai
Knie alles saam. Deeg moet styf wees, anders absorbeer dit te veel olie tydens bakproses) Knie vir minstens 7 minute lank Smeer bietjie olie bo-oor. Maak toe met plastieksak. Laat rys 30 minute. Knie af. Op koekmeel oppervlak druk vetkoek deeg effens plat met hande , rol nou die deeg met n koekroller so 2 cm en druk sirkels uit met drukker Bak in warm olie., dan pof hulle sommer so op..!! Gebruik blikkie waarvan beide kante afgesny is, of kan ook uitdruk met ronde drukker of glas *Toets olie deur klein stukkie deeg in olie. As dit goudbruin is, weet ek die olie is warm genoeg.
Commentaires