top of page

Aspoester-pampoen

  • Marianne Jacoby
  • Apr 10, 2016
  • 1 min read

Pampoen ■ 1 kleinerige heel pampoen, die kop afgesny en ontpit (behou die kop as deksel) ■ Sout en swartpeper na smaak

Vulsel ■ Olyfolie vir braai ■ 2 uie, rooi indien verkies, in stukkies gesny ■ 3 knoffelhuisies, fyngedruk ■ 1 groen soetrissie, in klein blokkies gesny ■ 5-7 ml elk fyn komyn, kaneel en koljander ■ 60 ml fyngekapte pietersielie ■ 30 ml fyngekapte kruisement ■ 60 g gekapte kasjoeneute of geroosterde amandels ■ 50 g geroosterde pampoensaad ■ ’n Groot hand vol sultanas of bosbessies ■ ’n Groot hand vol babaspinasieblare ■ 500-750 ml (2–3 k) gaar quinoa of koeskoes ■ Sap en skil van 1 lemoen ■ 50 g roomkaas

Voorverhit die oond tot 180°C.

Pampoen: Prik die skil van die pampoen goed, veral aan die onderkant, want dit trek baie water namate dit gaar word. Geur die binnekant goed met sout en peper.

Vulsel: Verhit die olyfolie en roerbraai die ui, knoffel en soetrissie tot sag. Voeg die speserye en kruie by en meng deur. Plaas die neute en sade saam met die sultanas of bosbessies en spinasie in ’n bak en meng goed.

Roer die quinoa of koeskoes by en geur met die lemoensap en -skil. Roer die roomkaas by. Skep in die pampoen, sit die deksel op en bak sowat 2 uur of tot die pampoen sag en gaar is. Sny in skywe en sit voor. Lewer 8 tot 12 porsies.

Commentaires


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page