FRIKKADELLE IN TAMATIESOUS
- Marianne Jacoby
- Apr 10, 2016
- 1 min read

Genoeg vir 4-6 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k) Griekse jogurt 30 ml (2 e) avokado-olie 1 ui, fyngekap 2 knoffelhuisies, gekneus 1 wortel en 1 kort selderystingel, fyn gerasper 60 ml (4 e) gekapte pietersielie fyngerasperde skil van 1 suurlemoen sout en gemaalde swartpeper 10 ml (2 t) mosterdpoeier 750 g beesmaalvleis 720 ml (1 bottel) passata* (*Passata is gebottelde Italiaanse tamatiepuree en is meer souserig as die geblikte soort. Kyk by die geblikte tamatie- en pasta-afdeling in jou supermark.) 1. Voorverhit oond tot 180 °C. 2. Week die brood in die jogurt tot sag. Hou eenkant. 3. Verhit die olie in ’n groot pan oormatige hitte en soteer die ui, knoffel, wortel, seldery, pietersielie, suurlemoenskil en mosterdpoeier saam daarin. Geur na smaak. 4. Meng die maalvleis, groente en broodmengsel in ’n mengbak. 5. Rol die maalvleis in balletjies en sit in ’n oondvaste bak. Gooi die passata oor en bak vir 40 min. of tot goudbruin. Sit voor met penne-pasta.
留言