Gerookte varkboud in gemmerlim met koeskoes
- Marianne Jacoby
- Apr 10, 2016
- 1 min read

1 x 4kg rou, gerookte varkboud 2 liter gemmerlimonade (ginger ale) Kookwater 1 ui, in stukke gesny 4 lourierblare 250ml kweperjellie Vars roosmaryn en ander kruie
Vir koeskoes:
1 x 250g pak repiespek, fyn gesnipper 1 ui, fyn gekap 2 knoffelhuisies, fyn gekap 1 rooi soetrissie, fyn gesnipper 500ml koeskoes 500ml kookwater 60ml gekapte, vars kruie van jou keuse
Sit die varkboud in ’n diep pot en giet die gemmerlimonade oor. Voeg genoeg kookwater by om die boud te bedek. Voeg die ui en lourierblare by en verhit tot kookpunt.
Bedek en prut baie saggies vir 30 minute per 500g vleis. Vul die kookvloeistof gereeld aan sodat die boud deurgaans bedek is. Haal die pot van die hitte af en laat die boud in die kookvloeistof afkoel tot louwarm.
Voorverhit die oond tot 230 °C. Gebruik ’n skerp mes en maak vlak insnydings in die vel en vet op die varkboud. Smeer die hele oppervlak van die boud met ’n lekker dik laag kweperjellie en oondrooster vir sowat 30 minute tot die vel diep bruin en bros is.
Sit op ’n dienbord op ’n bed van vars kruie en sit die boud warm, teen kamertemperatuur of selfs koud voor.
Koeskoes:
Braai die spek in ’n droë pot tot bros. Voeg die ui, knoffel en soetrissie by en braai verder tot sag. Voeg die koeskoes en kookwater by en bedek dadelik.
Verwyder van die hitte en laat staan vir 10 minute. Vlok met ’n vurk en roer die kruie deur. Sit warm of teen kamertemperatuur voor.
Comentarios