Koffielikeur-kaaskoek
- Marianne Jacoby
- Apr 11, 2016
- 1 min read

Genoeg vir: 8 Bereidingstyd: 1 uur, plus verkoeltyd 125 g sjokoladebeskuitjies (soos Romany Creams of Oreo) 45 ml botter, gesmelt 2 eiergele 45 ml strooisuiker 375 g roomkaas (nie geroomde maaskaas nie – jy kan ook helfte mascarpone en helfte roomkaas gebruik as jy wil) 10 g (15 ml) gelatien 5 ml kitskoffiekorrels 100 ml Kahlua of enige koffielikeur 250 ml room SJOKOLADESOUS 250 ml bruinsuiker 15 ml botter 125 ml room 20 ml kakao 1 Smeer die bodem van ’n 20 cm-losboomveerklamppan. Sit die beskuitjies in ’n voedselverwerker en pols tot goed gekrummel. Roer die gesmelte botter by en druk die mengsel liggies op die bodem van die veerklamppan vas. Hou dit in die yskas tot benodig. 2 Klits die eiergele en strooisuiker tot lig en donsig. Voeg die roomkaas by en klits tot gemeng. Sit eenkant. 3 Meng die gelatien en 50 ml water in ’n bakkie en laat staan dit om te spons. Smelt die gelatien oor warm water totdat dit heeltemal opgelos het, maar moenie dit laat kook nie. 4 Los die kitskoffiekorrels op in 15 ml warm water. Klop die opgeloste gelatien, koffie en koffielikeur by die roomkaasmengsel in. 5 Klits die room styf en vou dit ook in. Giet die mengsel op die beskuitjiebasis en sit die kaaskoek vir minstens 3 uur in die yskas. 6 Gooi al die bestanddele vir die sous in ’n kastrol en verhit dit oor matige hitte totdat die sous glad is. Laat dit weer afkoel. 7 Sny in skywe en drup die sous oor net voordat jy dit voorsit. Versier met sjokoladekrulle.
Comentários