top of page

Laerskool Thabazimbi

  • Corne Liebenberg
  • Apr 11, 2016
  • 3 min read

In Suid-Afrika, in die Limpopo Provinsie hou die Ysterberg sy stille wag oor Laerskool Thabazimbi, waar jong breine ontwikkel, geslyp en poleer word om die volgende generasie se professionele leemtes met trots en deursettingsvermoe te vul.

Laerskool Thabazimbi lê aan die voet van die Ysterberg, Limpopo Provinsie. 'n Uitstekende klimaat, vooruitstrewende ekonomie, en mense met 'n positiewe gesindheid, maak hierdie laerskool 'n juweel in ons geweste.

Daar word gepoog om sover moontlik bekostigbaar voorsiening te maak vir die wyd uiteenlopendevermoë, aanleg en belangstelling van individuele leerders. Ten einde te poog dat die prestasiesin ooreenstemming is met die leerders se vermoëns en belangstellings, verskaf die skool professionelebystand deur heronderrig en leiding. Daarom kan ons spog met ‘n trotse akademiese rekord.

Gratis ekstra klasse in Wiskunde en Lees word aangebied, (indien nodig) wat deur die betrokke personeel gereël word.

We are a learner focused school, educating our learners to become accountable citizines through a disciplined environment that offers:

• The implementation of the latest developments in education.

• A wide curriculum, as the need requires.

• The establishment and maintenance of high moral standards of learners and teachers.

Ons beskik oor:

• Goed toegeruste en netjiese klaslokale van graad R to graad 7.

• ‘n Rekenaarsentrum met gekwalifiseerde personeellid Gr. R - 7 geintegreerd met leerareas.

• Internettoegang vir leerders (onder toesig van personeel) vir take en navorsing op gereelde basis.

• ‘n Ten volle toegeruste Mediasentrum, beskikbaar vir leerders gedurende pouses en na skool vir die uitneem van boeke en naslaanwerk. Gereelde lees kompetisies word gehou om ‘n liefde vir lees te kweek

By Laerskool Thabazimbi is ons strewe om ons kinders in totaliteit te ontwikkel en op te voed.Deelname aan sport speel dus ‘n integrale deel in ontwikkeling en opvoedinggebeure.Ons streef daarna om ons kinders liggaamlik en geestelik toe te rus, sodat hulle kompeterend of nie - kompeterend volgens hul vermoë te kan presteer.Ons streef verder om die kinders bloot te stel aan profesionele afrigters en afrigting. Dit kan gestaaf word deur die groot aantal leerlinge wat elke jaar hulle provinsiale kleure verwerf.Ons probeer ook om ons kinders op te bou om op hoër vlakke te kan meeding.Daarom is ons leuse: ONS BOU!

Our school vibrates with cultural energy!

Ons wissel jaarliks ‘n groot produksie, (soos Lion King in 2013 – gaan in by Thaba Magic om ‘n uittreksel te sien), af met ‘n groot poging tot deelname aan die Thabazimbi Eisteddfod. We participated in the Thabazimbi Eisteddfod in 2014. We focused on individual items as well as groups, like choirs, instrumental ensembles and plays. We appreciate the heritage of our various cultures and had also entered a traditional dancing group this year.Ons sluit dan die jaar af met Koffiehuisaande vir individuele deelnemers en ‘n Kunstekonsert waaraan al ons groepe deelneem.Laerskool Thabazimbi bied jaarliks ‘n inter-grade Bybelvasvra aan en skryf ook jaarliks spanne (wat baie goed presteer) in vir die landswye Rapportryers Bybelvasvra.Cultural development is an important part of our school, because:

A thing of beauty is a joy forever!

Die tjokkerskool bestaan uit drie Afrikaanse en een Engelse Gr. R klas. Daar is 30 leerders in elke klas. Ons is deel va die Laerskool se grondslagfase. Gr. R leerders leer die skool en hul onderwysersgoed ken en is maklik tuis in die “groot” skool. Die vier toegewyde onderwyseresse is ten vollegekwalifiseerd.Ons Gr. R leerlinge is volledig deel van Laerskool Thabazimbi in aktiwiteite soos rekenaarklas, atletiek, Eisteddfod, skaak, kaskarpret en fondsinsamelingsprojekte.Die dogtertjies word netbal- en hokkievaardigehede aangeleer. Ons rugbymanne speelbulletjie-rugby wat deur die pappas afgerig word. Ons klasse is goed teogerus en opvoedkundige apparaat word jaarliks aangevul. Die boomryke speelterrein met verskeie klimrame,sandput en waterspel verskaf sorgvrye speelgenot.

Laerskool Thabazimbi het 'n voedingskema vir minderbevoorregte leerders en jy kan gerus die hoof kontak indien jy 'n bydrae wil lewer. Dit is bitter moeilik om te leer met 'n honger magie. Jou bydrae kan 'n wesenlike verskil maak!

Telefoon: (014) 777-1234/5

Epos: lstbz@lantic.net

Laerskool Thabazimbi neem deel aan die Rainbow Gospel Radio / Beit Bracha

Shades of Love Nasionale Inkleurkompetisie.

Kliek vir meer inliging:

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page