NADA KOEK
- Marianne Jacoby
- Apr 10, 2016
- 2 min read

Bestanddele:
6 Jumbo eiers 120ml Kookolie 440ml suiker 500ml Koekmeel 20ml Bakpoeier 3ml Sout 10ml Lemmon essence 250ml Lemon Nada sap of kraan water (koud) as jy nie die Lemon Nada kan kry nie.
Metode: Voor verhit die oond, ek stel dit altyd op 200*C dan stel ek dit terug na 180*C wanneer ek dit koek insit. Dan verloor die oond geen hitte nie. Klits die eiers, suiker en olie saam tot romerig. Sif die droë bestanddele en meng dit lepelsgewys met elektriese klitser by die eier mengsel. Voeg die Lemon Nada sap of water stadig by, asook die suurlemoen essence en meng deeglik. Gooi in gesmeerde 2 koek laag panne, (kan in ‘n oondpan ook maak) Bak teen 180*C vir 30min. (Maak nou solank die pap aan vir die icing, sodat dit kan koud wees wanneer die koek afgekoel het vir versiering.)
Icing: 250ml volroom melk 75ml koekmeel + 5ml maizena + bietjie melk vir meng 250ml sagte stork bake 250ml strooisuiker 5ml Lemmon essence Metode: Gooi melk in pot en laat begin kook, sodra begin kook haal van stoof af (maar hou die plaat aan) Meng ‘n bietjie melk met die koekmeel, maizena met die handklitser in ‘n bakkie sodat dit nie klonte maak nie. Voeg dit nou by die warm melk, klits baie goed met klitser en plaas terug op stoof, stel stoofplaat op lae hitte sodat die (pap) nie brand nie. Klits aanhoudend met klitser, totdat die mengsel styf is. Gooi die pap in ‘n plastiek bakkie (ek vat sommer ‘n ou margarine bakkie) met deksel. Bere in yskas om koud te word. Die mengsel moet heeltemal koud wees anders skif die icing. Wanneer die koek heeltemal afgekoel het, en die pap yskoud is, sny die 2 lae met ‘n mes sodat dit nou 4 lae is. (Ek sny gewoonlik die koppe van die koeke ook af sodat dit ‘n plat laag is. Meng nou die icing. Klits die margarine en strooisuiker tot room. Voeg die pap lepel gewys by die margarine mengsel, en klits elke keer goed. Moenie te veel klits nie, anders skif dit. Voeg sommer die vanilla saam die eerste lepel pap. Moenie al die pap op een slag by die margarine mengsel voeg nie, dit sal skif. Versier nou laag vir laag, Die icing is te min om hele koek te versier! Dubbel die betandele!!! Lekker eet!!!
GENIET!
ความคิดเห็น