TAMATIE BREDIE
- Marianne Jacoby
- Apr 10, 2016
- 1 min read

TAMATIE BREDIE Hierdie is 'n tradisionele Suid-Afrikaanse resep.
25 ml botter of margarien 2 groot uie, gekap 1 knoffelhuisie, gekneus 1.5 kg lamsvleis of skaapvleis in blokkies gesny 10 ml sout bietjie aftreksel, water of wyn 500 g aartappels in skywe gesny 1 kg medium tamaties, geskil en gekap 5 ml witsuiker 2 ml gedroogde tiemie 5 ml gekapte vars marjolein (marjoram)
Verhit die botter in 'n pan en braai die uie en knoffel vir omtrent 5 minute of tot die uie deurskynend is. Voeg vleis by en braai vinnig tot bruin aan alle kante. Voeg sout, peper en bietjie van die aftreksel, water of wyn by en prut, bedek, vir 90 tot 120 minute of tot die vleis begin sag word. Voeg die aartappels, tamaties, suiker, tiemie en marjolein by en kook vir nog 'n uur. Bedien met rys.
Comments