WENRESEP MELKTERT Dis nou Lekker Kos
- Marianne Jacoby
- Apr 10, 2016
- 1 min read

(2 Melktert) KORS: 125 g margarien 60 ml witsuiker 1 eier 500ml koekmeelblom 10 ml bakpoeier knypie sout VULSEL: 1,5 liter melk 60ml (50g) margarien 4 eiers 250 ml witsuiker 150 ml mielieblom 125 ml koekmeelblom knippie sout 5 ml vanieljegeursel kaneel METODE: Smelt margarien oor lae hitte. Klop die witsuiker en eier vinnig daarby. Sif die koekmeelblom, bakpoeier ensout saam en meng dit met die eiermengsel. Druk die deeg met die vingers teen die wand en op die boom van twee tertborde, elk met 'n volume van 1liter. Prik die korse en hou dit eenkant. Kook die melk en botter of margarien in 'n dikboomkastrol. Klits die eiers en witsuiker baie goed saam tot liggeel en sponsagtig dik. Voeg die mielieblom, koekmeelblom, sout en vanieljegeursel by en klits dit verder totdat alles by die eiermengsel ingeklits en daar geen klontjies is nie. Klits 'n bietjie van die kookmelkmengsel by die eiermengsel. Klits die eiermengsel nou by die res van die kookmelkmengsel. Plaas dit terug op die warm stoofplaat en roer dit vinnig totdat dit begin kook. Skakel die plaat af, sit die deksel op en laat die vulsel 'n paar minute staan. Giet die warm vulsel in die rou korse. Sif kaneel oor. Bak die terte ongeveer 20 minute lank in voorverhitte oond by 180ºC totdat die korse gaar is. Sit dit louwarm of koud voor.
Comments