top of page

Blitsige hoenderpasteitjies

  • Marianne Jacoby
  • Apr 11, 2016
  • 1 min read

Dié pasteitjies maak jy sommer met ’n klaargaar draaispithoender. Dis heerlik romerig. Bereidingstyd: 30 minute Gaarmaaktyd: 25-30 minute VULSEL 15 ml (1 e) olie 15 ml (1 e) botter 2 uie, gekap 250 g gemengde sampioene, gekap 1 gaar hoender, vel verwyder en gepluis 375 g roomkaas 60 ml (¼ k) gekapte vars pietersielie en tiemie sout en vars gemaalde peper KORS 400 g broskorsdeeg 1 eierwit, geklits ’n bietjie melk, vir borsel Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit 8 tot 10 minibroodpannetjies of diep muffinholtesmet kossproei. Vulsel Verhit die olie en botter in ’n pan. Roerbraai die uie en sampioene tot gaar. Roer die hoender, roomkaas en kruie by. Geur met die sout en vars gemaalde peper, skep uit en laat heeltemal afkoel. Kors Rol die deeg effens dunner uit en voer die pannetjies daarmee uit; hou deeg oor vir die doppies van die pasteie. Prik die kors met ’n vurk en smeer met die eierwit. Vul elke holte met die vulsel. Sny die oorblywende deeg groot genoeg om oor die pasteitjies te pas en druk vas op elke pasteitjie. Verf liggies met die melk en bak 25 tot 30 minute tot goudbruin en gaar.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page