Appelpoffertjies
- Marianne Jacoby
- Apr 12, 2016
- 1 min read

Genoeg vir: 4-6 porsies Bereidingstyd: 30 minute Gaarmaaktyd: 20 minute
• 3 appels, geskil, kerne verwyder • olie vir diepbraai
BESLAG • 250 ml koekmeel • knippie fyn kaneel • knippie sout • 1 eier • 150 ml melk
1 Berei die beslag Meng die meel, kaneel en sout saam. Klits die eier en melk en voeg dit by die droë bestanddele. Laat staan vir sowat ’n halfuur. 2 Sny die appels in dik ringe en plaas hulle in koue water waarby suurlemoensap gevoeg is om te keer dat die appels verkleur. 3 Verhit die olie in ’n kastrol. Druk die appels droog met kombuispapier en doop hulle een vir een in die beslag en dan in die warm olie. Diepbraai tot bros en goudbruin, en dreineer die oortollige olie op kombuispapier. Sit warm voor.
Comments