BESTE MELKTERT OOIT
- Marianne Jacoby
- Apr 12, 2016
- 1 min read

Maak eers ’n kors van 1 pakkie Tennisbeskuitjies en 125g botter.
STAP 1 Gooi 1 liter melk in ‘n kastrol saam met 2 tl botter en 1 kaneelstokkie. Verhit dit oor matige hitte todat dit begin kook.
STAP 2 Sit in jou liquidizer 80 ml koekmeel, 80 ml maizena, 1 ml sout, 125 ml melk, 200 ml suiker, 3 eiers en 5 ml vanielje geursel. Klits todat dit goed gemeng is.
STAP 3 Gooi die mengsel by die melk wat by nou kookpunt begin bereik. Hou aan roer, anders brand dit vas. Wag todat dit soos ‘n vulkaan begin prut anders is jou meel nie gaar nie, dis wat die tert laat stol.
STAP 4 Gooi dit in leë dop. Sprinkel kaneel oor.
Wag as jy kan.
Comments