Bobotie
- Marianne Jacoby
- Apr 13, 2016
- 1 min read

(4 - 6 porsies)
1 kg beesmaalvleis 1 dik sny bruinbrood 250 ml melk 2 uie, gehalveer en in skywe gesny 30 ml sonneblomolie 15 ml matige kerriepoeier 10 ml borrie 15 ml fyn appelkooskonfyt 1 eier, geklits 30 ml witwynasynlourierblare sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
EIER BOLAAG: 3 eiers 375 ml melk sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit jou oond tot 180 °C.
1. Week die bruinbrood tot sag in die melk. 2. Maak die brood fyn met ’n vurk. 3. Verhit die olie in ’n pan en braai uie tot sag en effens bruin. 4. Voeg die kerriepoeier, borrie en appelkooskonfyt by en braai liggies vir sowat 2 minute. 5. Haal die pan van die hitte af. Meng die maalvleis en brood in ’n mengbak. 6. Voeg die uiemengsel en die res van die bestanddele behalwe die lourierblare by. 7. Meng goed en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. 8. Plaas die mengsel in ’n oondbak van sowat 30 x 25 cm en druk die lourierblare bo-op. 9. Sit in die warm oond en bak vir 15 minute. 10. Klits intussen die eiers en melk saam en geur met sout en swartpeper. 11. Haal die bobotie uit die oond en gooi die eiermengsel oor.
**Plaas terug en bak verder vir nog 25 minute.♫
Comentarios