BURGER PATTIES
- Marianne Jacoby
- Apr 12, 2016
- 1 min read

BESTANDELE (genoeg vir vier burgerfrikadelle): 400g goeie maalvleis. ‘n Handjie broodkrummels (ek het vir hierdie burgers bruinbrood met die korsies aan gebruik, en dit het baie goed gewerk) ‘n Handjie vars gekapte pietersielie Blaartjies van 1 takkie roosmaryn 1 vars knoffelhuisie, fyn gedruk 1 groot eier, effens geklits 2 Eetlepels gerasperde parmesan kaas ‘n Paar knypies grofgemaalde peper ‘n Paar knypies growwe sout
METODE: Meng al die bestandele goed deur (behalwe die sout). Gebruik slegs een eetlepel parmesan, die res gaan jy bietjie later nodig kry. Maak vier burgerfrikadelle en laat dit vir ‘n half uur in die yskas in ‘n lugdigte houer staan. Braai dit oor die kole of in ‘n lekker warm pan tot gaar. Terwyl ek dit braai, gooi ek dikwels rooiwyn of balsemasyn oor, dit gee ‘n heerlike geur. Sprinkel die sout nader aan die einde van gaarmaakproses oor. Sny vier burger broodjies in die helfte, smeer met goeie botter en rooster dit liggies in die oond tot goudbruin. Gebruik dit dan om jou burger te bou.
Comments