GRENADELLA ROOMYS
- Marianne Jacoby
- Apr 12, 2016
- 1 min read

GRENADELLA ROOMYS
Vrugte gee ’n verfrissende geur aan ’n ryk roomys of poeding Genoeg vir 6 mense Bereiding: 15 minute Vriestyd: oornag 1 blik (380 g) ingedampte melk, verkoel 1 blik (385 g) kondensmelk 1 blik (290 g) room pulp van sowat 20 grenadellas 1. Klits die ingedampte melk styf en voeg die kondensmelk en room by. Meng goed. 2. Voeg genoeg grenadellapulp by tot die mengsel skielik verdik. 3. Gebruik net so as grenadellaroom oor vrugteslaai of vries en sit voor as roomys. WENK Meng die roomys elke uur of wat terwyl dit vries sodat die groot yskristalle kan opbreek.
Comments