Herders Pastei
- Marianne Jacoby
- Apr 13, 2016
- 1 min read

1 ui, fyngekap olie 500g maalvleis 1 tamatie, ontvel en fyn gekap sout en varsgemaalde swartpeper 10ml Worcestersous 30ml tamatiepasta 1 ekstra groot eier, geklits 1 sny brood, korsies verwyder en gekrummel. 60ml gladde maaskaas 4 aartappels, geskil en in stukke gesny 50ml suurroom 50ml Cheddarkaas, gerasper paprika
METODE: 1. Voorverhit die oond tot 180*C. 2. Bespuit 'n oondvaste bak met kleefwerende kossproei. 3. Soteer die ui in olie tot sag. 4. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar. 5. Voeg die tamatie by en geur met sout en peper. 6. Voeg die Worcestersous en tamatiepasta by en meng deur. 7. Verwyder van die hitte en voeg die broodkrummels en eier by en meng goed. 8. Kook die aartappels in genoeg soutwater tot sag. 9. Dreineer en druk goed fyn. Voeg die maaskaas en suurroom by en meng deur. 10. Skep lae van die maalvleis en aartappel in die voorbereide oondbak en eindig met aartappel.
**Strooi kaas en paprika oor en bak 25 minute lank of tot goudbruin bo-op.♫
Comments