NEUT EN SAAD BESKUIT
- Marianne Jacoby
- Apr 13, 2016
- 1 min read

550g bruismeel 15ml bakpoeier 250g Nutty Wheat 500ml geroosterde muesli 50g gekapte okkerneute 50ml sesamsade 100ml pampoensade 100ml sonneblomsade 500g koue botter, in klein blokkies gesny 380g suiker 2 groot eiers 500ml karringmelk 10ml asyn
Metode: Sif die bruismeel en bakpoeier saam. Voeg die Nutty wheat, neute en sade by. Voeg die botter by en vryf dit met jou vingerpunte in tot dit goed gemeng is. Klop die karringmelk, asyn en eiers saam. Voeg dit by die meelmengsel en roer tot al die bestanddele goed gemeng is. Verdeel die mengsel tussen twee broodpanne van 29x12cm. Bak 50-60 minute lank in vooraf verhitte oond van 180C, of totdat mespunt skoon uitkom. Haal die beskuit uit die panne en sny dit in stukke. Verlaag dan die temperatuur tot 100C en bak dan die beskuit tot dit heeltemal uitgedroog is
Comments