SUURDEEG BROOD
- Coba Laing
- Apr 13, 2016
- 2 min read

Soetsuurdeeg Brood resep.
Maak eers die soetsuur deeg
2 groot aartappels gewas ,
1,7 L kookwater,
1t sout,
1 e suiker,
680 g growe meel.
Ongeveer 2 uur die middag begin mens in suur, Was die aartappels goed skoon en sny dit in groot stukke . Sit dit in ñgroot pot met ñ deksel wat stewig pas. Gooi die kookwater oor . Gooi nou die meel , sout en suiker oor maar MOENIE ROER NIE . Druk gate in die meel so 3 of 4 gate in die meel. Sit die deksel terug op die pot, Trek ñ plastiek sak oor die pot m maak dit warm toe of soos ek , sit dit in ñ karton boks wat met hout wol of skaafsels in het . Maak dit op ñ warm plek staan waar dit nie ñ trek kan kry nie.
DIE VOLGENDE OGGEND.
250 ml Kookwater ,
250 ml growwe meel.
Maak die pot baie versigtig oop en werk vinnig . Die pot mag nie koud word nie, Gooi die kookwater in die pit en roer deuren ook die meel. Maak weer warm toe. En laat rys, Moenie haastig wees nie. Die pot sal vol skuim wees wsnneer dit gereed is.
NOU VIR DIE BROOD :
2,7kg growwe meel of wit ,
1e sout , lou water.
Wanneer die suurdeeg goedgerys en reg is word die aartappels uit gehaal. Gooi al jou meel in ñ groot skottel m en gooi jou suurdeeg daar by . Gooi die lou warm water somer in die suurdeeg pot. Om jou hande in nat te maak sois jy knie, Die deeg miet sag en elasties wees. . Spuit 2 groot brood panne met spry en cook . Deel die deeg nou in 2 en pkaas in die panne . Laat rys in ñ warm plek tot die panne vol is, , Bak 180 C vir 1 uur .. Vir beskuit smelt jy 250 g Holsem vet of botter en knie sit by die deeg in voordat jy die deeg in 2 deel om dit te laat rys, ,
Daar sy dames m regte egte soetsuurdeeg soos ek dit my my oorede skoonma geleer bak het. . Dis ñ baba wat sag en versigtig gehanteer moet word so nie rys sy nie,
Comments