AARTAPPEL-SUURDEEG BROOD / PLANTJIE
- Marianne Jacoby
- Apr 14, 2016
- 2 min read

300g koekmeel 3ml sout 250ml aartappels, fyngemaak 15ml botter 125ml aartappelsuurdeeg Gesmelte botter
METODE: 1. Sif die meel en sout saam. Meng dit deeglik met die aartappels en vryf die botter hierby in. 2.Gooi die aartappelsuurdeeg in die middel van hierdie bestanddele en knie die deeg totdat dit elasties is en van die kante van die bak loskom. 3. Bedek die deeg en laat dit in n warm plek staan om tot omtrent dubbel die grootte te rys. 4. Knie die deeg op n meelbestrooide oppervlak af. 5. Voorverhit die oond tot 200*C. 6. Plaas die deeg in n gesmeerde broodpan. Bedek en laat dit weer tot dubbel die grootte rys. 7. Smeer gesmelte botter bo-op die deeg en bak in die voorverhitte oond vir 1 uur. Die brood moet hol klink wanneer dit
geklop word.
Bron: Onbekend Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
AARTAPPEL-SUURDEEG PLANTJIE
Rasper 1 aartappel baie fyn. VOEG DIE VOLGENDE BY: 2 teelepels suiker 1 teelepel sout 1 sakkie kitsgis – sommer hierdie 10g blou, groen of pers pakkies. Die pers rys baie goed, want dit het Vitamiene C in. Gooi dit dan in ‘n glas houer / outydse can fruit bottel.
Maak vol met lou water (seker omtrent so 500 ml ) – te warm water sal die gis doodbrand en dan werk dit nie. Sit sommer ‘n piering bo-op om toe te maak, want die aartappels gaan na boontoe styg en moontlik oorkook. Dit moet die heeltyd by kamer temperatuur wees Dit is die teken dat dit gewerk het. – Jou plantjie is suksesvol. As jy nou wil afskep om te bak, kan jy dit omroer en twee derdes gebruik om mee te bak. Die een derde wat oorbly, bly in die bottel en jy gooi dan net die suiker, sout, aartappel en water weer by. Hiers een wat ek lank terug gekry het, maar nog nie probeer het nie. Hopelik is dit die een wat jy soek.
Kommentare