GEBAKTE PENNE
- Marianne Jacoby
- Apr 14, 2016
- 1 min read

250 g maaskaas 2 eiers 375 ml (1 ½ k) parmesaankaas 400 g penne-pasta 30 ml (2 e) olie 5 knoffelhuisies, fyngemaal 1 blik (410 g) tamatiepuree 1 blik (410 g) gekapte tamaties 5 ml (1 t) suiker 5 ml (1 t) gemengde kruie 15 ml (1 e) droë basiel sout en peper 10 ml (2 t) meelblom 250 ml (1 k) melk 250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas
METODE: Voorverhit die oond tot 180 °C Bring ’n pot water tot kookpunt oor hoë hitte voeg die pasta by en kook 5 min of tot die pasta begin sag word, maar nie gaar is nie, terwyl jy af en toe roer dreineer en sit eenkant Klits die maaskaas, eiers en 250 ml (1 k) van die parmesaankaas in ’n middelslag-bak Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte voeg die knoffel by en soteer 2 min Roer die tamatie puree, gekapte tamaties, suiker, gemengde kruie en basiel in Laat prut 10 minute of tot verdik geur met sout en peper en sit eenkant Roer die meelblom in die melk in verhit in ’n pot oor matige hitte en roer tot verdik Voeg die maaskaasmengsel by die verdikte melk en voeg dan die kaassous by die tamatiesous met die helfte van die mozzarellakaas Roer die pasta in die sous in verdeel die mengsel in individuele oondvaste bakke en bedek met die oorblywende parmesaan en mozzarellakaas Bak ’n halfuur en geniet dit! Huisgenoot
Comments