top of page

Herderspastei met botterskorsie.

  • Marianne Jacoby
  • Apr 14, 2016
  • 1 min read

■ 2 uie, fyn gekap ■ 2 knoffelhuisies, fyn gekap ■ 10 ml gerasperde, vars gemmer ■ 30 ml olie ■ 500 g beesmaalvleis ■ 5 ml geroosterde komyn ■ 5 ml gemaalde koljander ■ 3 ml kaneel ■ 2 ml neutmuskaat ■ 1 blik (410 g) gekapte tamaties ■ 30 ml tamatiepasta ■ 30 ml worcestersous ■ 200 ml vleisaftreksel ■ Sout, vars gemaalde swartpeper en ’n knippie suiker na smaak Bolaag ■ 1 groot botterskorsie, geskil, pitte verwyder en in blokkies gesny ■ Botter en melk ■ Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak ■ Fyn kaneel, om oor te sprinkel Braai die uie, knoffel en gemmer stadig oor lae hitte in die olie tot sag. Voeg die maalvleis by en braai bruin. Voeg die speserye by en braai vir 2-3 minute. Voeg die gekapte tamaties, tamatiepasta, worcestersous en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Prut vir ongeveer 10 minute tot die sous dik en ryk is. Geur met sout, peper en ’n bietjie suiker. Skep die vleis in individuele bakkies of een groter pasteibak en smeer gelyk. Voorverhit die oond tot 180°C. Kook die botterskorsieblokkies in ’n klein bietjie vinnig kokende water sag. Dreineer en druk dit met botter en melk fyn tot ’n gladde, dik puree. Geur die botterskorsiepuree met sout en peper en skep bo-op die vleis. Sprinkel ’n bietjie fyn kaneel oor en bak vir 20-30 minute tot die ryk vleissous teen die kante van die bak opborrel. Sit voor met slaai of groente van jou keuse. Lewer 4-6 porsies.

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page