Anys Beskuit
- Marianne Jacoby
- Apr 15, 2016
- 1 min read

Onthou dae Anys Beskuit
2.5 kg koekmeel 15 ml sout 3 x 10 g pakkies kitsgis 250 ml anys saad – jy kan minder gebruik 250 g gesmelte botter 1 x 397 g blik kondensmelk louwarm water
Meng die koekmeel, sout, gis en anys. Meng botter / kondens melk saam en voeg by droe bestanddele. Gooi louwarm water bietjies – bietjies by terwyl jy begin knie tot ’n sagte deeg te vorm, knie maar goed, vir minstens 10 min aaneen. Sit in ‘n skottel en trek oor met swartsak, sit op warm plekkie, nie direk in die son nie…. en bedek die skottel met ligte doek. Wanneer daai deeg tot dubbel gerys het, knie dit af . Maak klein balletjies , pak dit in gesmeerde broodpan. Maak nou die pan weer toe, laat goed uitrys. Voorverhit die oond tot 200 ° C. Bak vir 10 minute teen 200 ° C Draai af tot 180 ° C en bak vir 35 minute Laat bietjie afkoek voor jy uitkeer. Baie lekker net so of droog dit uit in ’n lou oond.
Comments