BEESVLEISPOT MET MIELIEBROOD
- Marianne Jacoby
- Apr 15, 2016
- 2 min read

Bereiding: 15 minute Gaarmaaktyd: 1 uur Genoeg vir 6 mense
15 ml (1 e) olie 1 kg beesvleis-ghoelasj 250 g spekvleis, gekap 2 uie, in skywe gesny 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny 60 ml (¼ k) tamatiepasta 410 g (1 blik) gekapte tamaties 375 ml (1½ k) water skil van 1 suurlemoen sout en peper, na smaak MIELIEBROOD: 500 ml (2 k) polenta of pap ’n knippie sout 15 ml (1 e) suiker 10 ml (2 t) bakpoeier 2,5 ml (½ t) koeksoda 250 ml (1 k) karringmelk of suurmelk 2 eiers 400 g (1 blik) roommielies 30 ml (2 e) olie
METODE: Voorverhit die oond tot 180 ⁰C. Verhit olie in ’n pot oor hoë hitte. Voeg die beesvleis by en braai 5 minute tot goed verbruin. Voeg die spekvleis by en braai 2 minute terwyl jy roer. Roer die uie, soetrissie, tamatiepasta, tamaties en water in. Bring tot kookpunt en verminder die hitte tot laag. Bedek en laat ’n uur prut of tot die vleis sag is. Haal die deksel af, voeg die suurlemoenskil by en laat prut ’n halfuur of tot die sous verdik het. Haal die vleis uit die pot en vlok met ’n vurk. Sit die vleis in die pot terug en geur met die sout en peper na smaak. Verhit vyf minute oor lae hitte. MIELIEBROOD: Smeer ’n 20-cm-broodpan. Meng die polenta, sout, suiker, bakpoeier en koeksoda. Meng die karringmelk, eiers, mielies en olie in ’n groot bak. Meng die droë bestanddele by die karringmelkmengsel in en roer tot goed gemeng. Giet die beslag in die broodpan en bak 40 minute of tot gaar in die middel.
Comments