Karringmelk Gesondheidbeskuit
- Marianne Jacoby
- Apr 15, 2016
- 1 min read

5 koppies koekmeel 3 koppies volkoringmeel 2 koppies karamelsuiker 2 eetepels bakpoeier 1 koppie sonneblomsaad 1½ koppie klapper 1 teelepel sout 500 g botter, gesmelt 2 eiers, geklits 2 koppies karringmelk 2 teelepel koeksoda 3 koppie neutryke muesli Voorverhit die oond tot 160°C.
Meng die koekmeel, volkoringmeel, karamelsuiker, bakpoeier, sonneblomsaad, klapper en sout in ‘n mengbak. Meng die gesmelte botter met die droë bestanddele, totdat dit soos fyn broodkrummels lyk. Roer die geklitste eiers by. Meng die koeksoda met ‘n bietjie karringmelk en voeg dit by die droë bestanddele, meng deur. Roer die muesli by. Verdeel die deeg in die helfte en druk elke deel in ‘n gesmeerde koekpan. Bak vir 40-45 minute tot goudbruin en gaar. Laat afkoel. Sny elke oondpan se beskuit in vingers en pak op rakkie. Droog die beskuit in ‘n koel oond (net onder 100°C) uit. Pak in ‘n lugdigte houer sodra dit koud is.
Commentaires