Patatkoekies
- Marianne Jacoby
- Apr 15, 2016
- 1 min read

Bestandele
2 koppies droog, gaar patat, fyngedruk, wat in suiker gekook was 3/4 koppie koekmeel 1t bakpoeier knypie neutmuskaat knypie kaneel knypie sout 3 eiers geskei 3 el gesmelte botter 3/4 koppie melk Kaneelsuiker vir sprinkel Kookolie vir Vlak Braai Metode
Stap1
Klop eierwitte styf en sit eenkant. In 'n groot mengbak - gooi jou patat, melk, gesmelte botter, eiergele, kaneel, neutmuskaat alles in en meng dit goed.
Stap2
In 'n ander bak sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Vou nou die twee mengsels saam. As dit goed gemeng is, vou die eierwitte in.
Stap3
Verhit jou olie vir vlak braai. Skep eetlepels vol van die mengsel in die pan en braai tot bruin. Dreineer op kombuispapier, en sprinkel met kaneelsuiker. Bedien dadelik.
Comments