top of page

Sjokoladepoeding

  • Marianne Jacoby
  • Apr 15, 2016
  • 1 min read

Hierdie nagereg kan met of sonder vla of roomys geniet word.

Genoeg vir 6 mense Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 30 min.

70 g botter 125 ml (½ k) strooisuiker 2 eiers 5 ml (1 t) vanieljegeursel 500 ml (2 k) meel 10 ml (2 t) bakpoeier 60 ml (¼ k) kakaopoeier 5 ml (1 t) koffiepoeier 1 liter (4 k) melk Sous 80 ml (⅓ k) bruinsuiker 125 ml (½ k) room 80 ml (⅓ k) moutbier

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag oondvaste bak.

Klits die botter en suiker saam in ’n groot bak. Voeg die eiers een vir een by en meng goed ná elke byvoeging. Roer die vanielje in. Sif die meel, bakpoeier, kakaopoeier en koffiepoeier saam. Voeg die droë bestanddele en melk om die beurt by die suikermengsel. Wanneer al die bestanddele goed gemeng is, giet die beslag in die gesmeerde bak en sit dit in die oond. Bak 30 min. tot die poeding nog effens klam in die middel is. Sous: Terwyl die poeding bak, meng die suiker, room en moutbier in ’n klein kastrol en bring tot kookpunt. Laat prut 5 min. en verwyder dan van die hitte en sit eenkant. Haal die poeding uit die oond en giet die sous oor terwyl dit nog warm is.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page