Warm loop-poeding
- Marianne
- Apr 15, 2016
- 1 min read

(6 porsies)
140 g ongesoute botter 140 g 70%-donkersjokolade, grofgekap 3 eiers 3 eiergele 85 g strooisuiker 45 g meel
Voorverhit jou oond tot 180 °C. Smeer 6 bakkies met botter en sit dit op ’n bakplaat. Bring water tot kookpunt in ’n kastrol. Plaas die sjokolade en botter in die glasbak. Skakel plaat af en sit bak oor die kookwater. Roer elke nou en dan tot die sjokolade en botter gesmelt is. (Of smelt dit in die mikrogolf, gestel op hoog vir 3 minute.) Klits eiers, eiergele en strooisuiker met ’n elektriese klitser saam tot lig van kleur. Klits die sjokolade-botter-mengsel by. Sif meel en vou versigtig in mengsel in. Verdeel tussen bakkies en bak vir 10-12 minute tot gerys. (Verkieslik 10 minute, want dit moet nog plat bo-op wees en nie heeltemal gestol nie. As dit bo-op kraak, sal dit nie so baie uitloop nie.) Maak versigtig los en sit dadelik voor met room of roomys.
*Jy kan die beslag ook ‘n dag voor die tyd maak. Skep in bakkies, maak toe met kleefplastiek en hou in die yskas. Bak die poeding vir 15 minute as dit uit die yskas kom. Jy kan dit ook in houers vries en net so gevries bak vir 25 minute.
Comments