Gebakte vla
- Marianne Jacoby
- Apr 17, 2016
- 1 min read

(6 porsies)
500 ml volroommelk 3 eiers knippie sout 30 ml suiker 5 ml vanieljegeursel
Verhit jou oond tot 180 °C. Verhit die melk effens (jy moet nog jou vinger daarin kan druk sonder om te brand) in ’n kastrol. Klits die eiers, sout en suiker saam. Voeg die melk en vanieljegeursel by die eiermengsel en klits goed (onthou, gooi die verhitte melk uit die warm kastrol by die koue eiermengsel, nie andersom nie). Skep die vla in 6 klein oondvaste bakkies. Bak die vla in ‘n bain-marie vir 30 – 40 minute tot gestol. Toets die vla deur ’n mes daarin te steek. Wanneer die mes skoon uitkom, is die vla gaar.
Comments