GROENTE SOP
- Marianne Jacoby
- Apr 17, 2016
- 1 min read

('n maal op sy eie)
(8 porsies) 2 uie, in skywe gesny 3 huisies knoffel, fyngekap 30 ml botter 50 ml olyfolie 8 wortels, in blokkies gesny 4 selderystokke, gekap 2 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny 1 blik gekapte tamaties 2 lourierblare 10 ml droë gemengde kruie 20 g tamatiepasta 2 ½ liter water sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
METODE: Verhit die botter en olie in ’n groot kastrol. Braai die uie en knoffel saam tot sag, maar nie bruin nie. Voeg die wortels, seldery en aartappels by. Braai die groente saam vir so 10 minute. Voeg die geblikte tamatie, tamatiepasta, lourierblare, gemengde kruie en water by. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Bring tot kookpunt en laat stadig kook vir minstens 6 ure. Vul aan met water indien nodig.
Comments