KORSLOSE SOUTTERT
- Marianne Jacoby
- Apr 17, 2016
- 1 min read

Maklik en Vinnig!
Bestanddele: 3 Snye Witbrood (gekrummel) 500 ml Melk 125 g spek in stukkies gesny en gebraai 400 g Viennas in stukkies gesny 4 Eiers 1 ml Droë Mosterd 3 ml FLIPPEN LEKKA Spice 150 g Cheddar kaas gerasper Paprika
Metode:
Verhit oond tot 180°C. Week brood in melk en laat staan vir 3 minute. Druk fyn en voeg spek en worsies by. Klits eiers, mostert, FLIPPEN LEKKA Spice saam. Voeg bymekaar en vou 2/3 van die kaas by. Skep in bak en gooi res van die kaas bo oor. Bak vir 35 minute. Bedien met broodrolletjies en slaai as ligte ete, of as ligte happie sommer enige tyd!
Comments