Latana-kaaskoekbruintjies
- Marianne Jacoby
- Apr 17, 2016
- 1 min read

Dadelbruintjiebasis ■ 1 pak (250 g) ontpitte dadels, fyn gesnipper ■ 5 ml koeksoda ■ 180 ml kookwater ■ 200 g baie sagte botter ■ 4 ekstragroot eiers, geklits ■ 10 ml vanieljegeursel ■ 250 ml suiker ■ 375 ml koekmeel ■ 125 ml kakao ■ 5 ml bakpoeier
Kaaskoeklaag ■ 1 Latana-roomkaas met dadels (ongeveer 270 g), grof gekrummel ■ 2 eiers ■ 125 ml karringmelk of suurroom ■ 5 ml koekmeel ■ 3 ml fyn kaneel
Voorverhit die oond tot 160˚C en voer twee gesmeerde panne van 20 cm x 20 cm met bakpapier uit. Smeer weer.
Vir die bruintjiebasis: Sit die gesnipperde dadels in ’n bak en sprinkel koeksoda oor. Giet die kookwater oor en roer deur. Laat staan vir 5 minute en roer die sagte botter by. Laat staan tot gesmelt en voeg die eiers, vanieljegeursel en suiker by. Meng goed. Sif die meel, kakao en bakpoeier bo-oor en meng liggies tot ’n gladde beslag. Verdeel die beslag tussen die twee panne en smeer gelyk.
Vir die kaaskoeklaag: Sit ál die bestanddele in ’n voedselverwerker en pols tot glad. Skep die kaaskoekmengsel op die bruintjiebeslag en gebruik ’n vurk om dit egalig oor die bruintjiemengsel te versprei.
Bak vir 30-40 minute tot die basis gaar, maar steeds effens klam is. Laat in die panne afkoel en sny in blokke. Sit voor met vanieljeroomys en ’n glasie port. Lewer 2 bruintjiekaaskoeke (ongeveer 10 porsies per koek).
Kombuiswenk Verdubbel die bolaag-resep vir ’n dikker kaaskoeklagie.
Comments