POST TOASTIES TERT
- Marianne Jacoby
- Apr 17, 2016
- 1 min read

6-8 porsies
KORS: 750 ml fyngedrukte Post Toasties (graanvlokkies) - dit moet reeds fyngedruk wees voor jy dit afmeet 350 ml gesmelte botter 250 ml suiker 5 ml fyn kaneel
METODE VIR KORS: Meng al die bestanddele goed saam en gooi in ’n oondbak van sowat 25 x 25 cm. Voer ook die kante met die korsmengsel uit.
VULSEL: 1 liter melk 60 ml meel 500 ml suiker 30 ml botter 4 eiers, geskei
METODE: Verhit oond tot 160 °C. Gebruik bietjie van die melk om die meel in ’n dun pasta aan te maak. Verhit res van die melk tot kookpunt. Voeg meelpasta, suiker en botter by. Roer aanhoudend. Die vulsel raak soos ’n dun witsous. Klits eiergele effens en voeg by wanneer die melkmengsel afgekoel het. Klits eierwitte styf en vou in by melkmengsel. Gooi in bak wat met die kors uitgevoer is. Bak vir sowat 45 minute tot vulsel gestol is.
Comments