Roomys Koek
- Marianne Jacoby
- Apr 17, 2016
- 1 min read

Genoeg vir 6 mense Bereiding: 10 min. Vries: 4½ uur
BESTANDELE: 1 L (4 k) vanieljeroomys, versag 300 g sjokolade-Whispers, plus ekstra vir voorsit 150 g sjokoladekoekies 80 g botter, gesmelt 100 g donker sjokolade 200 ml room, geklop
METODE: 1. Skep die roomys in ’n broodpan met ’n diepte van 6 cm en maak die oppervlak glad. 2. Druk ’n enkellaag styf gepakte Whispers bo in. Vries 2 uur of tot ferm. 3. Maak die sjokoladekoekies fyn. Meng goed met die gesmelte botter. 4. Druk oor die Whispers en vries 2 uur om te set. 5. Doop die bodem van die pan 2 sek. in warm water. Keer die koek op ’n plat bord of plank uit. Vries 30 min. of tot ferm. 6. Plaas die donker sjokolade en geklopte room in ’n hittebestande glasbak. Verhit op volle krag in die mikrogolf terwyl jy elke minuut roer tot gesmelt. 7. Laat effens afkoel. Bedruip oor die koek.
**Bedek met ekstra Whispers.♫
Comentários