Gebakte beesribbetjies
- Marianne Jacoby
- Apr 18, 2016
- 2 min read

Hierdie beesvleis word bedek en vir ’n lang tyd in die soetsuursous in die oond gebak. Maak dit toe met ’n deksel sodat die stoom opbou binne die bak en dit lekker stadig prut. Sodoende sal die vleis sag kook. Voeg enige kruie van jou keuse by die sous om dit net nog meer lip-lekker te maak.
Lewer 4 – 6 porsies
15 ml olyf- of kookolie 800 g beesribbetjies, in porsies gesny Soetsuursous 30 ml (2 e) olyf- of kookolie 1 groot ui, grofgekap 1 knoffelhuisie, gekneus 5 ml (1 t) fyngekapte, vars gemmerwortel 25 g (15 ml) tamatiepasta 45 ml (3 e) vars suurlemoensap sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 15 ml (1 e) gekapte vars roosmaryn of 5 ml (1 t) droë 60 ml (¼ k) ligte bruinsuiker 200 ml (¾ k) beesvleisaftreksel 45 ml (3 e) Worcestersous 5 ml (1 t) droë mosterd
Metode 1. Verhit die olie in ’n swaarboompan en braai die ribbetjies vir ’n paar minute tot goudbruin aan albei kante. Plaas in ’n groot oondvaste bak. 2. Sous: Verhit olie in ’n swaarboomkastrol. Voeg die ui, knoffel en gemmerwortel by en soteer vir omtrent 2 minute tot sag. 3. Voeg die oorblywende bestanddele by. Prut vir omtrent 10 minute terwyl aanhoudend geroer word. Verwyder van hitte. 4. Skep die sous oor die ribbetjies en maak toe met ’n deksel of foelie. Bak vir omtrent 1½ uur in ’n voorverhitte oond teen 160 °C of tot die vleis begin verbruin. Borsel die sous gereeld oor die ribbetjies. 5. Verwyder deksel en bak vir ’n verdere 10 minute onbedek. Bedien met ’n stysel soos rys of aartappels.
Comments