GROENTE LASAGNE
- Marianne Jacoby
- Apr 19, 2016
- 2 min read

(5 porsies) porsiegrootte: 1 skep ± 300 g
5 - 10 ml olyf- of kanola-olie 5 ml gekapte knoffel 250 g wit dwergsampioene, in dun skyfies gesny 2 middelslag-wortels, grofgerasper (200 g) 200 g vars spinasie, gewas, gekap ½ klein koolkop, gekerf (200 g) 5 ml droë gemengde kruie 2,5 ml sout Varsgemaalde swartpeper na smaak 410 g-blik tamatie -en- uiesmoor 50 ml tamatiepuree 8 lasagne-velle (200 g) 2 middelgroot eiers 100 ml ongegeurde vetvrye jogurt 250 g gladde vetvrye maaskaas knippie fyn neutmuskaat 2,5 ml sout (opsioneel) 50 g laervet-cheddarkaas, gerasper paprika droë gemengde kruie
METODE: Verhit olie en voeg knoffel, sampioene en wortels by. Roerbraai vir3-5minute tot sampioene gaar is. Voeg spinasie, kool, kruie en sout by en prut oor lae hitte vir 8 - 10 minute tot groente brosgaar is. Geur na smaak met peper. Meng tamatie-uiesmoor en tamatiepuree. Voorverhit oond tot 180 °C. Bespuit reghoekige oondskottel, waarin 4 lasagnevelle pas, met kossproei. Stel lasagne saam - smeer helfte van tamatiemengsel op basis van oondskottel, pak lasagnevelle op tamatie. Volg met helfte van groentemengselen maak gelyk. Volg met 4 lasagne velle, res van groentemengsel en eindig met res van tamatiemengsel. Klits die eiers, jogurt en maaskaas, neutmuskaat en sout tot glad en skep oor tamatiemengsel. Bedek met deksel of foelie. Bak vir 30 minute. Verwyder deksel, strooi kaas, paprika en kruie oor. Bak nog 15 – 20minute tot goudkleurig en gestol. VARIASIES EN OPMERKINGS: Groente-lasagne is ’n volledige maaltyd en ’n uitstekende manier om groente-inname te verhoog. Wissel die groente deur die wortels, spinasie en kool met 200 g botterskorsie, 200 g broccoli en 200 g babamurgpampoentjies of Engelse komkommer te vervang
Comments