Heelgebakte blomkool met “witsous”
- Marianne Jacoby
- Apr 19, 2016
- 1 min read

Jy benodig:
■ 1 groot, heel blomkool, gekook tot net-net sag in gesoute water
Vir die sous:
■ 30 ml botter
■ 125 ml room
■ 125 ml gerasperde, wit cheddarkaas
■ ’n raspertjie neutmuskaat
■ sout en gemaalde swartpeper
Maak dan só:
Verhit die rooster van die oond.
1. Sit die gaar blomkool in ’n oondvaste bak.
2. Meng die res van die bestanddele saam in ’n klein kastrol oor lae hitte en roer totdat dit net gesmelt is. Geur na smaak. Gooi die warm sous oor die blomkool en rooster in die oond tot goudbruin aan die bokant.
Commentaires