Hoender met gekaramelliseerde uie
- Marianne Jacoby
- Apr 18, 2016
- 1 min read

Genoeg vir 4-6 mense Bereiding: 10 minute Gaarmaaktyd: 45-60 minute
1 ui, gekap 60 ml (¼ k) olie ’n groot knippie saffraandrade 5 ml (1 t) fyn gemmer 5 ml (1 t) fyn kaneel 1 heel hoender, in stukke gesny sout en peper na smaak 500 g baba-uie, geskil 30 ml (2 e) heuning geroosterde amandels om bo-oor te sprinkel
Braai die gekapte ui in die olie in ’n pan wat groot genoeg is om ook die hoenderstukke in een laag te hou. Voeg die speserye by en meng deur. Pak die hoenderstukke in die pan. Geur met sout en peper en braai tot ligbruin aan albei kante. Voeg sowat 250 ml (1 k) water by en bedek.
Verlaag die hitte en laat prut sowat 15 minute. Voeg die baba-uie by en laat prut nog 25 minute of tot die vleis gaar en sag is. Verwyder die hoenderstukke en roer die heuning by. Kook tot die meeste vloeistof verdamp het en die uie bruin en gekaramelliseer is. Geur soos nodig. Voeg weer die hoender by en verhit tot warm. Sprinkel amandels oor en sit voor.
Comments