top of page

Lekker Aartappelbrood

  • Marianne Jacoby
  • Apr 21, 2016
  • 2 min read

Basiese deeg 125 ml fynaartappel 500 ml wit broodmeel 2 ml sout 25 g botter 15 ml suiker 1 eier, geklits 1x aartappelsuurdeeg (kyk resep)

Sif die meel en sout saam. Meng die fynaartappel en suiker baie goed in. Vryf die botter in. Maak n holte in die meelmengsel en gooi die eier en aartappelsuurdeeg daarin. Indien die deeg te styf is, kan loumelk bygevoeg word. Meng en knie die deeg totdat dit elasties is en wegtrek van die kante van die bak. Maak die deeg warm toe en laat op n warm plek vir ongeveer 1 uur rys. Dit behoord tot dubbel die oorspronklike grootte te rys. Plaas die deeg op n meelbestrooide plank en knie deeglk. Aartappelbrood: Verhit die oond tot 200*C (tydens stap 3)* Vorm die deeg in die vorm van n brood en plaas dit in n goedgesmeerde broodpannetjie. Maak die brood warm toe en laat tot dubbel die oorspronklike grootte rys. Dit behoort ongeveer 45 minute te duur. Bak in die voorgehitte oond vir 30 tot 35 minute.

Aartappelsuurdeeg plantjie 1 meduim aartappel 250 ml kookwater 5 ml aktiewe droe gis 75 ml louwater 12,5 ml suiker 2,5 ml sout n bottel met n deksel

Was. skil n rasper die aartappel. Gooi die kookwater oor en laat dit dan afkoel. Week die gis in die louwater. Meng die suiker, sout en geweekte gis goed met die lou aartappelmengsel. Gooi die mengsel in die bottel skroef* die deksel op. Sorg dat dit nie te styf opgeskroef word nie. Bedek die bottel vir 5 tot 6 uur of laat dit oornag op n warm plek staan sodat fermentasie kan plaasvind. Die gis sal fermenteer en die bottel vul of selfs oorloop, die gis is baie aktief en die bottel moet dus nie te styf toegedraai word nie , aangesien die bottel kan bars as die deksel te dig sluit. Indien die gis te lank gebere word, verloor die gisplantjie sy krag en verminder die volume. Hou 125 ml van die gis in n bottel vir toekomstige gebruik as n plantjie. Die res kan deur n sif gedreineer word as die aartappel grof gerasper was. Dit kan ook net so gebruik word, indien die aartappel fyn gerasper was. Gebruik die gis om die basiese deeg te berei vir gebruik in die resep wat volg.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page