Lonkie se yskastert Banana Eclair
- Elizabeth Du Toit
- Apr 21, 2016
- 1 min read

10 piesangs, in ringe gesny 2 pakke Marie- of Tennisbeskuitjies 1 blikkie karamel 1 groot boksie (instant) vla, aangemaak 1 boksie Orly Whip 250g pepermentsjokolade 6 kersies, vir versiering
Metode
Pak die beskuitjies onder in ‘n groot vierkantige glasbak en dan 'n laag piesangs. Gooi die karamel oor (verdun bietjie met water of melk) en dan 'n laag vla. Herhaal die lae. en smeer die opgeklopte room bo-oor. Rasper sjokolade bo-oor, of strooi neute oor. Plaas die kersies bo-op vir versiering. Plaas oornag in yskas en bedien die volgende dag.
Comments