Maklike tunatert
- Marianne Jacoby
- Apr 20, 2016
- 1 min read

LEWER 1 TERT VAN 20 CM Bereiding: 10 minute Baktyd: 35 minute
2 eiers, effens geklits 5 ml (1 t) worcestersous 1 blikkie (170 g) tuna in pekelwater, gedreineer 1 klein ui, gekap 45 ml (3 e) koekmeel 5 ml (1 t) bakpoeier 250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas 250 ml (1 k) melk
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n pasteibak van 20 cm.
Plaas al die bestanddele in ’n bak. Hou ’n bietjie kaas eenkant om bo-oor te sprinkel. Meng goed en skep in die gesmeerde bak. Sprinkel die orige kaas oor. Bak 35 minute tot gestol en goudkleurig. Sit warm of koud voor.
Comments